Bou jou eie Weerstasie @SterremanWillie
Bou jou eie Weerstasie  @SterremanWillie
Uploaded January 2017 | Updated November 2026, 1 day ago
Jy benodig 3 "latte", tou en 'n plat klip.
Dit is belangrik dat die klip plat moet wees.
Gebruik jou Voortrekker-kennis en maak die drie "latte" aanmekaar vas met jou beste Voortrekker-knope.
Doen dieselfde met die klip. Die klip se platkant moet bo wees.
Kalibreer die klip versigtig.

Dit is al.


GEBRUIKSAANWYSINGS:
As die klip beweeg, waai die wind.
Die windrigting kan bepaal word deur die beweging van die klip.
As die klip nat is, reën dit of het dit pas gereën.
As die klip droog is reën dit nie.
As die klip wit is, het dit gesneeu.
As die klip net-net sigbaar is, is dit mistig.
As daar 'n skadu onder die klip is, skyn die Son.
As dit dag is en die klip het nie 'n skaduwee nie, is dit bewolk.

Dit kan selfs geografiese inlingting gee....
as die klip gesteel is bly jy in Suid-Afrika.
Bou jou eie WeerstasieAs dit Reën in die Tankwa Karoo ....Predicting, Observing & Photographing ISS-Lunar  TransitsWe are Stardust!Huweliksbevestiging van Rhonwyn Gilbert en Lumé KoortsThe Truth about Hamilton NakiPlaneet-krete tydens Gr. 6 Voortrekker Sterrekunde SPESHow to make seagulls appear out of nowhere!Wedding - Bertus du Toit & Melanie Dutton, 16 December 2017Old Oak Bridge Demolition timelapseSterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument met OOG, 29 Oktober 2016PRIME Telescope:  The Dome Lift  -  Part 3 of 3
Willie Koorts |

Bou jou eie Weerstasie

SHARE TO X SHARE TO REDDIT SHARE TO FACEBOOK WALLPAPER