Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument met OOG, 29 Oktober 2016 @SterremanWillie
Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument met OOG, 29 Oktober 2016  @SterremanWillie
Uploaded October 2016 | Updated September 2026, 2 weeks ago
Die tema vir die Sterrekykpiekniek op 29 Okt 2016 is:
"Mars ry sit -sit so"

Die Afrikaanse Taalmonument se slagspreuk is kultuur,natuur en plesier. Hul sterrekykpieknieks is beslis plesierig en OOG wys deur hul teleskope die natuurlike prag van die naghemel. Die Afrikaanse kultuur dien as inspirasie vir elke sterrekykpiekniek se tema.

Hierdie seisoen se temas is gebaseer op liedjies uit die FAK
"Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies, koormeesters en skole"

Nou bring dit ons by Mars! As die boere sit-sit so kon ry, waarom nie Mars nie?
Op 29 Okt wuif Venus en Saturnus vroegaand "tingeling hoera" terwyl hulle agter die westelike horison sak, maar Mars ry nog vir 'n wyle sit-sit so 'n entjie hoër in die naghemel.
Ons gaan nou nie die Schiapparelli tuig, wat onlangs met dof sware plof met die planeet kennis gemaak het, deur ons teleskope kan wys nie, maar die rooi planeet wat deesdae geweldig baie aandag kry, kan selfs met die blote oog gesien word.
Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument met OOG, 29 Oktober 2016PRIME Telescope:  The Dome Lift  -  Part 3 of 3How to strip and clean the optics of a SCT (Schmidt-Cassegrain Telescope)Screamingly enjoyable Selfie Satisfaction!My larger than Life pre-Lockdown MemoriesBainskloof, after a devistating veld fire, on the day the road re-opened.Jessica, Class 19D steam locomotive #3321 running full bore!Snowing in Sutherland - 12 July 2021ATLAS Telescope:  Crane Lift of Telescope and Mount #CreateWithVideoProcToeka Stoor - Memorabilia that will Mesmerise you!Planeet-krete tydens Gr. 6 Voortrekker Sterrekunde SPES, 2016Brief history of the Boyden Observatory, Bloemfontein
Willie Koorts |

Sterrekykpiekniek by die Afrikaanse Taalmonument met OOG, 29 Oktober 2016

SHARE TO X SHARE TO REDDIT SHARE TO FACEBOOK WALLPAPER