Uploaded August 2015 | Updated September 2026, 3 weeks ago
Vanjaar (2015) was die 41ste Interskole tussen Hugenote Hoërskool (HHS) en Hoërskool Swartland (HSS). Sedert die eerste Interskole in 1975 het Hugenote 24 keer gewen, Swartland 14 en twee kragmetings het gelykop geëindig. Hugenote staan bekend as die "Blackies" en Swartland as "Rockies". Hierdie omgekeerde benamings het volgens oorlewering tot stand gekom weens 'n fout, toe 'n beampte een jaar die Interskole punte per ongeluk omgeruil het. In plaas daarvan om alles terug te ruil, het die twee spanne sedertdien sommer name geruil! Hugenote het welverdiend die 2015 Interskole met 20-13 gewen! Die 2015 Interskole was skoolhoof, Mnr Wessel Moolman se 20ste en laaste Interskole.