Die Aandster is die Oog van Aandskemering @SterremanWillie
Die Aandster is die Oog van Aandskemering  @SterremanWillie
Uploaded September 2026 | Updated November 2026, 2 days ago
Soos julle kan sien het ek reeds voorheen die Engelse weergawe van hierdie besonderse Sterstories op my YouTube kanaal gelaai, maar nou is dit ook in Afrikaans, die taal waarin dit oorspronklik meer as ’n eeu gelede gepubliseer is deur Gideon Retief von Wielligh.
Die Afrikaanse vertellings was in die RSG se Sterre en Planete program van 21 Desember 2025 uitgesaai om saam te val met die Afrikaans-100 vieringe, aangesien von Wielligh betrokke was by beide die eerste- en die twee taalbewegings. Sien: https://omny.fm/shows/sterre-en-planete/sterre-en-planete-21-desember-2025
GR von Wielligh was in die Paarl gebore in 1859 en oorlede in 1932. Sy pa was ’n sogenaamde “togryer” en hy het as kind dikwels saam met hom transportreise meegemaak na Namakwaland, Boesmanland en die Hantam. Hy kon die Boesmantaal praat en het saans, rondom die kampvuur, hom dan verluister aan hulle wonderlike vertellings. Jare later open hy ‘n landmeterskantoor in Calvinia en begin in alle erns stories te versamel.
Tussen 1919 en 1921 publiseer hy “Boesmanstories” in vier volumes met sowat 60 stories in totaal, waarvan ongeveer 10% ’n sterrekundige inslag het. Sy hoofrede vir die boekies was om hierdie unieke stories te bewaar, maar ook om mense se belangstelling te prikkel en hulle aan te moedig om te lees in hierdie, tóé nog nuwe, jong taal.
Boek Een handel oor Mitologie en Legendes, en bevat die meeste van die sterstories.
Om die stories te illustreer, het Carol Botha en Martin Kilkenney die tonele vir ons uitgebeeld as Boesmantekeninge, en om te help voorlees, is Alma le Roux van De Kelders, naby Gansbaai, se hulp ingeroep.
Die Aandster is die Oog van AandskemeringSAAO Year-End functions:  2010 to 2019Shackleton Blows over a Wall!  #shortsCape Towns Oldest Living Tradition v.s. SAs oldest TimekeeperHow we handle shopping in Corona lockdownGansbaai harbour - exchange of fishing vessels on the dry dockA Handymans COVID-19 StuggleOOG: Observing the Big 5 of the African Sky from a dark siteRoyal Observatory, Cape Town & Sutherland in the 1970sHow to Aluminize Telescope MirrorsClanwilliam:  Biedouw Valley & Wild Flower ShowPieter Le Roux, 29/10/1959 - 3/12/2021, Gedenkdiens, 12 Desember 2021
Willie Koorts |

Die Aandster is die Oog van Aandskemering

SHARE TO X SHARE TO REDDIT SHARE TO FACEBOOK WALLPAPER