Boesmanstories: Danser Vuurman se Kop is die Son @SterremanWillie
Boesmanstories: Danser Vuurman se Kop is die Son  @SterremanWillie
Uploaded December 2025 | Updated November 2026, 4 days ago
Soos julle kan sien het ek reeds voorheen die Engelse weergawe van hierdie besonderse Sterstories op my YouTube kanaal gelaai, maar nou is dit ook in Afrikaans, die taal waarin dit oorspronklik meer as ’n eeu gelede gepubliseer is deur Gideon Retief von Wielligh.
Die Afrikaanse vertellings was in die RSG se Sterre en Planete program van 21 Desember 2025 uitgesaai om saam te val met die Afrikaans-100 vieringe, aangesien von Wielligh betrokke was by beide die eerste- en die twee taalbewegings. Sien: https://omny.fm/shows/sterre-en-planete/sterre-en-planete-21-desember-2025
GR von Wielligh was in die Paarl gebore in 1895 en oorlede in 1932. Sy pa was ’n sogenaamde “togryer” en hy het as kind dikwels saam met hom transportreise meegemaak na Namakwaland, Boesmanland en die Hantam. Hy kon die Boesmantaal praat en het saans, rondom die kampvuur, hom dan verluister aan hulle wonderlike vertellings. Jare later open hy ‘n landmeterskantoor in Calvinia en begin in alle erns stories te versamel.
Tussen 1919 en 1921 publiseer hy “Boesmanstories” in vier volumes met sowat 60 stories in totaal, waarvan ongeveer 10% ’n sterrekundige inslag het. Sy hoofrede vir die boekies was om hierdie unieke stories te bewaar, maar ook om mense se belangstelling te prikkel en hulle aan te moedig om te lees in hierdie, tóé nog nuwe, jong taal.
Boek Een handel oor Mitologie en Legendes, en bevat die meeste van die sterstories.
Om die stories te illustreer, het Carol Botha en Martin Kilkenney die tonele vir ons uitgebeeld as Boesmantekeninge, en om te help voorlees, is Alma le Roux van De Kelders, naby Gansbaai, se hulp ingeroep.
Boesmanstories: Danser Vuurman se Kop is die SonSAAO Year-End functions: 2007 - 2009ISS lunar crossing - Telescope and wide-angle viewsMSC Sinfonia Bok Radio, Cape Town - Walvisbaai cruise - 9 -13 Jan. 2017Victoria Falls, 56 years later: 1960 footage vs 2016Ice Bucket Challange met Wilrie, Lumé & Josaan(vintage) Vensters 2007: Simonsberg | NerinaVietnam-Era Huey Helicopter Firefighting display at Fire & Fynbos Awareness dayVisiting the world-class Springbok Rugby Museum, V&A WaterfrontHeliostat Crane Lift - 6 Aug 2021First Starlink observation - eyewitness reaction!Assembly of WinCAM with Electrical Sample CCD
Willie Koorts |

Boesmanstories: Danser Vuurman se Kop is die Son

SHARE TO X SHARE TO REDDIT SHARE TO FACEBOOK WALLPAPER