Malema testifies that he may call for slaughtering of white people in the futureAfriForum2026-09-24 | Malema testifies that he may call for slaughtering of white people in the futureForum Nuus: Pretoria FM vier bloedskenkdag 15-06-2023AfriForum2023-06-15 | Internasionale bloedskenkerdag is vandag by Pretoria FM met ’n “Jail and Bail”-geleentheid gevier. Skoolhoofde van ’n paar skole in Pretoria, ’n radio-omroeper en die voorsitter van Pretoria FM se direksie is onder andere in ’n sel toegesluit tot genoeg bloed geskenk is om hulle weer “vry te laat”. Die dag is goed ondersteun en skenkers het reeds van vroegoggend af in ’n ry gestaan vir hul beurt om bloed te skenk.Forum Nuus: Petisie by parlement oorhandig oor nuwe raswet 14-06-2023AfriForum2023-06-14 | Die Kaapse Forum en Solidariteit het ’n petisie oor die nuwe raswet en -regulasies aan ’n verteenwoordiger van die speaker in Kaapstad oorhandig, asook aan John Steenhuisen, leier van die DA, en dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hierdie raswet en konsepregulasies is ongrondwetlik en irrasioneel. Derduisende mense sal hul werk verloor weens hierdie wetgewing. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die rimpeleffek hiervan baie groter aangesien vaardighede en vaardige mense verlore sal gaan wat beteken dat die ekonomie groot skade kan ly.
Teken die Kaapse Forum se petisie teen hierdie raswet hier: https://kaapseforum.co.za/stop-die-nuwe-raswet/Documentary about the true state of affairs in Netball SAAfriForum2023-06-14 | AfriForum is launching a short documentary today that will reveal certain harsh realities within Netball South Africa (NSA) to the public.
Netball is one of the sports in South Africa that has incredible potential, but due to mismanagement and political agendas, this potential is not being fully exploited. According to Ronald Peters, manager of AfriForum Sport, several role players who were until recently involved with NSA approached AfriForum about, among other things, incidents of victimization, mismanagement and sexual harassment in NSA. These role players requested AfriForum to intervene.
“The Netball World Cup is around the corner and the official hashtag of this world cup is #TakingNetballBackToThePeople. Thus, this year’s world cup tournament focuses on bringing netball back to the people and therefore it is important to us that South Africans know what is really going on behind the scenes in Netball SA. Our communities and the private sector must take a stand and take the future of sport into our own hands together with organisations like AfriForum,” says Peters.
AfriForum strongly condemns the mismanagement of sports federations and the governing bodies of sport in South Africa, as this has a significant impact on the role that sport should really play in the development and empowerment of communities.
AfriForum Sport veg teen politiese inmenging en wanbestuur in sport in Suid-Afrika. Hierdie dokumentêr is die eerste van ’n reeks aksies wat geloods gaan word om wanbestuur in sportfederasies en hul besturende liggame uit te lig. Hierdie dokumentêr handel oor die harde realiteite binne Netbal SA. Die opkomende Netbalwêreldbeker is veronderstel om netbal in Suid-Afrika ’n groot hupstoot te gee. Ons is bevrees dat die potensiaal egter nie raakgesien word nie, want Netbal SA se sake is nie in orde nie en die federasie fokus meer op persoonlike agendas as die bevordering van die sport.Beveilig n plaasAfriForum2023-06-13 | AfriForum se plaaslike veiligheidstrukture poog om gemeenskappe te bemagtig en almal wat op plase woon te beveilig sodat hierdie gemeenskappe vry, veilig en voorspoedig kan leef. AfriForum in samewerking met Saai bied die volgende om plase te help beveilig: - Die veiligheidsassessering van plaaswonings - Opleiding in basiese noodhulp - Wapenopleiding - Die verskaffing van ’n analoog-radiostelsel, asook radio-opleiding AfriForum skep ook die geleentheid vir ons lede en die breër publiek om deel te vorm van hierdie veldtog en te help om ons plase te beveilig deur ’n skenking te maak by www.beveilignplaas.co.zaKuberboeliegidsAfriForum2023-06-12 | Die burgerregteorganisasie, AfriForum, se teenboelieveldtogafdeling en privaatvervolgingseenheid stel tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek ’n kuberboeliegids bekend in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, SECI, die Universiteit van Johannesburg en Unisa. Hierdie gids skep bewusmaking oor die gevare van tegnologie, sosiale media, seksskrywery en kinderpornografie. Die gids kan gratis hier afgelaai word: https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Teenboeliegids.pdf.Handleiding vir vuurwapeneienaarsAfriForum2023-06-07 | AfriForum stel ’n handleiding vir vuurwapeneienaars bekend wat fokus op wenke en gereelde vrae beantwoord. Kry die volledige handleiding hier: https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/06/50-wenke-vir-vuurwapeneienaars.pdfForum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33AfriForum2023-06-07 | Die AfriForum-takke in Vryheid en Paulpietersburg het hande gevat met die Kambula-boerevereniging om slaggate op die R33 te herstel. Hierdie projek is aangepak om die mense wat daagliks die pad gebruik se veiligheid te verbeter. Danksy ruim skenkings is 400 sakkies teer bekom om lewensgevaarlike slaggate op dié pad te herstel. Heelwat motoriste se voertuie is al weens die swak toestand van die pad beskadig. Volgens inwoners wat die pad daagliks gebruik is hierdie pad baie gevaarlik aangesien mense moet uitswaai vir die slaggate en dan dikwels in die aankomende verkeer se baan ry om die gate te mis. Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale slaggatprojek wat tot einde Junie duur. Klik hier om slaggate in jou dorp aan te meld en help om sodoende meer druk op munisipaliteite te plaas om hul verantwoordelikhede na te kom.Forum Nuus: AfriForum en Saai skenk skoffelploeg aan Gung’s Boerdry 02-06-2023AfriForum2023-06-02 | AfriForum en Saai het as deel van die organisasies se gesamentlike boerderyprojekte ’n skoffelploeg aan Gung’s Boerdry geskenk. Husqvarna het opleiding aan Cynthia Sekgobela, stigter van Gung’s Boerdry en ’n lid van Saai, en haar werker gegee sodat hulle dié skoffelploeg doeltreffend kan aanwend. Hierdie skenking gaan hulle help om hul produktiwiteit te verhoog aangesien hulle al die arbeid met die hand verrig het. Gung’s Boerdry verskaf 400 kg vars groente per week en 375 kg gepreserveerde groente per maand aan die Johannesburgse varsproduktemark, smouse, staatsinstellings, plaaslike ondernemings en die informele mark. Sekgobela is ’n afgetrede rekenmeester en belastingspesialis wat nou voltyds boer.Forum Nuus: AfriForum neem sterk standpunt in teen Onteieningswetsontwerp 01-06-2023AfriForum2023-06-01 | AfriForum het vandag ’n mondelinge voorlegging voor die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee vir Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur gedoen wat die Onteieningswetsontwerp [B 23 – 2020] sterk teenstaan. Sou hierdie wetsontwerp deurgevoer word, kan enige privaat eiendom soos byvoorbeeld motors en selfs iemand se selfoon onteien word, nie net plase of grond nie. Die organisasie is sterk gekant teen hierdie wetsontwerp aangesien dit vernietigende ekonomiese gevolge inhou en menseregte sal skend. Indien hierdie wetsontwerp goedgekeur word, sal dit mense se grondwetlike reg tot privaat eiendom ontneem. Kyk AfriForum se volledige voorlegging hier.Forum Nuus: Vredesverdrag van Vereeniging met toer tot in Pretoria herdenk 01-06-2023AfriForum2023-06-01 | Die Vredesverdrag van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 onderteken is om ’n einde aan die Anglo-Boereoorlog te maak, is gister met besoeke aan onder meer die Vredesmonument in Vereeniging en Melrosehuis in Pretoria herdenk. Verteenwoordigers van verskeie organisasies insluitend AfriForum en die FAK het die geleentheid bygewoon. Kranse is ook gelê om hulde te bring aan die mense wat tydens die oorlog gesterf het.AfriForum takes a strong stance against destructive Expropriation BillAfriForum2023-06-01 | Ernst van Zyl, AfriForum's Campaign Officer, delivered an oral presentation strongly opposing the Expropriation Bill [B23–2020] before the Gauteng Legislature’s Portfolio Committee on Infrastructure Development and Property Management in Pretoria.
AfriForum has opposed this extremist bill at every opportunity, in every format, over multiple years.Forum Nuus: Boekeplek weer oop en stel Jan van Tonder boek bekend 05-05-2023AfriForum2023-05-05 | Jan van Tonder se nuutste boek Sagie se Storie is gister vir die heropening van die Boekeplek en Kuierstoep bekendgestel. Van Tonder, die skrywer van Die kind en Roepman, het met die derde boek in die Sagie-reeks oor ’n periode van omtrent 40 jaar nou uiteindelik Sagie se storie klaar vertel. Soos met die ander twee boeke in die reeks laat Van Tonder se unieke skryfstyl die leser met baie om oor na te dink.Forum Nuus: Speel lekker skaak onder koelteboom by die VTM 04-05-2023AfriForum2023-05-04 | Die Voortrekkermonument (VTM) was nog altyd ’n heerlike plek om te besoek. Dis veral die geval vir mense met ’n belangstelling in die geskiedenis en kultuur van die Afrikaner. Die VTM het egter oor die laaste 18 maande ook meer aktiwiteite vir die hele gesin op die terrein bekendgestel. Die nuutste byvoeging is skaakborde op tafels onder lekker groot koeltebome. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het by die bekendstelling teen die Suid-Afrikaanse skaakkampioen gespeel en sê dis ’n wonderlike plek om ’n skaakspel te speel.Forum Nuus: Openbare sessies oor omstrede Bela-wet vind in Gauteng plaas 03-05-2023AfriForum2023-05-03 | Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, oftewel die Bela-wet, hou ’n reusebedreiging in vir onderwys en veral vir Afrikaanse onderwys. Openbare raadplegingsessies het vroeër vanjaar in drie provinsies plaasgevind en dié sessies vind die naweek (5-7 Mei) in Gauteng plaas. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die sessies by te woon en standpunt teen die wet in te neem. Indien die wet deurgevoer word, kan die etos en karakter van Afrikaanse skole ingrypend verander en sal ouers bitter min sê oor skole se toelatings- en taalbeleid hê. Uiteindelik kan dit tot oorvol skole lei waar gehalte-onderrig nie meer moontlik sal wees nie.Forum Nuus: Bosoorlog-musiekblyspel beloof om Die Gelofte in AfriForum Teater te oortref 26-04-2023AfriForum2023-04-26 | Die Gelofte: ’n Musiekblyspel het verlede jaar gehore in die AfriForum Teater bekoor. Johan Vorster en Jacomien de Wet, wat die musiek van Die Gelofte geskryf het, het nou weer saam met die skrywer en regisseur Jannes Erasmus ’n Afrikaanse musiekblyspel, Die Kaplyn, by dié teater op die planke gebring. Volgens Erasmus was daar baie versoeke om nog ’n geskiedkundige stuk in Afrikaans te skryf. Dis waar die idee gevorm het en vandag begin Die Kaplyn, wat ’n blik op die destydse Grensoorlog bied, in die AfriForum Teater. Kaartjies is by www.diekaplyn.com beskikbaar.Forum Nuus: AfriForum Jeug vier Moerderaardedag met groentetuin by Louis Botha Kinderhuis 22-04-2023AfriForum2023-04-22 | AfriForum Jeug, Solidariteit Helpende Hand Jeug, Solidariteit Jeug en Protek het ’n groentetuin by die Louis Botha Kinderhuis in Pretoria aangeplant om Moederaardedag te vier. Die doel van die tuin is nie net om die kinders van gesonde kos te voorsien nie, maar ook om ’n bewustheid vir die bewaring van die omgewing te skep met ’n volhoubare projek wat die eerste van baie regoor die land gaan wees.Forum Nuus: Skryf nou in vir Orania se volksliedkompetisie 17-04-2023AfriForum2023-04-17 | Die Orania Kunsteraad (OKeR) het ’n kompetisie van stapel gestuur in die soeke na ’n volkslied vir dié Afrikaner-tuiste. Die eerste deel van die kompetisie is die skryf van die lirieke van die lied en dit sluit op 1 Mei. Digters, skrywers, taalliefhebbers en mense met ’n passie vir Afrikaans word aangemoedig om ’n lied in te skryf. Volgens die OKeR-bestuur moet die lied geïnspireer wees deur die vryheidsideaal wat die Orania-gemeenskap nastreef en moet die skrywer ingelig wees oor Orania se kultuur en identiteit, asook hul strewe na vryheid en selfstandigheid. Die karakter van die gemeenskap moet ook in die lied weerspieël word. Liedjieskrywers kan ook aspekte soos Afrikaans, die Karoo-landskap en Christelike waardes in ag neem wanneer hulle die pen opneem. Besoek www.volkslied.co.za vir meer inligting of om in te skryf.Forum vir atlete: #YsterSlypYster Episode 2 - ESTI OLIVIERAfriForum2023-04-17 | Hierdie forum is ’n voertuig waardeur AfriForum Sport en organisasies in die privaat sektor saamwerk om ons provinsiale en nasionale atlete te ondersteun deur vir hulle toegang te gee tot die nodige hulpbronne sodat hulle voldoende vir kompetisies kan voorberei en daaraan kan deelneem.
Sluit sommer dadelik by AfriForum Sport se forum vir atlete aan! Besoek www.forumviratlete.co.zaForum Nuus: Gesoute joernaliste praat oor uitdagings in die Afrikaanse media-omgewing 14-04-2023AfriForum2023-04-14 | Daar is talle uitdagings én geleenthede in die hedendaagse Afrikaanse media-omgewing. Gesoute joernaliste het dit vandeesweek by ’n joernalistieksimposium van Akademia beaam en aan die hand van persoonlike ervarings ook vertel hoe die bedryf vandag daar uitsien. Ondanks die talle uitdagings, wat wissel van min hulpbronne, finansiële druk, die verkleining en verjonging in nuuskantore, beskryf hulle dit egter steeds as ’n loopbaan waarin die nuuskierige en belangstellende joernalis hom kan uitleef. “Koerante mag vandag minder druk en minder impak hê, maar solank die mense daaroor praat, leef dit steeds,” sê Barnard Beukman, redakteur van Beeld.The AfriForum 911 emergency appAfriForum2023-04-13 | AfriForum 911 emergency app – How to create an emergency contactAfriForum help dorp veg om beurtkrag te vermy!AfriForum2023-04-04 | AfriForum help dorp veg om beurtkrag te vermy
Verteenwoordigers van die Vrystaatse dorp Frankfort gaan saam met AfriForum sake teen Eskom uitspook in die Johannesburgse Hooggeregshof in ’n dispuut oor beurtkragskedules. Die kern van die dispuut is dat Eskom dreig om die maatskappy Rural Maintenance te verhoed om verminderde beurtkragskedules op te stel, ondanks die verkryging van bykomende sonkrag vir Frankfort. AfriForum het hofstukke ingedien om as ’n vriend van die hof toe te tree.
Besoek www.mykrag.co.za en beveg beurtkragForum vir atlete: #YsterSlypYster Episode 1AfriForum2023-04-04 | Braven Performance het Ronald Peters, AfriForum Sport se bestuurder, uitgedaag om in November vanjaar aan die halwe-ystermankompetisie in Mosselbaai deel te neem. Sy deelname sal nie net bewusmaking vir hierdie projek skep nie, maar sal ook as beginpunt vir fondsinsameling vir dié forum dien.
Ronald het die uitdaging aanvaar, maar gaan ondersteuning nodig hê om dit suksesvol aan te pak. Die doel van Projek Yster Slyp Yster is om te bewys dat ’n mens wat nie tans topfiks is nie, of nog nooit vantevore aan ’n halwe-ystermankompetisie deelgeneem het nie dit in minder as ses ure kan voltooi – mits dié persoon die nodige ondersteuning vanuit die privaat sektor kry. Dit sal bewys dat ons professionele atlete selfs nog hoër hoogtes kan bereik indien hulle die nodige ondersteuning kry.Forum Nuus: AfriForum bemagtig jong entrepreneurs met kompetisie 27-03-2023AfriForum2023-03-27 | AfriForum se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandag in Pretoria afgeskop met ’n opleidingsessie vir laer- en hoërskoolleerders. Albert van Wyk, entrepreneur en skrywer van die boek How to Become a Millionaire at 22 , het wenke aan die leerders gegee om suksesvolle ondernemings te bedryf. Praktiese werkswinkels is ook aangebied om die leerders verder met vaardighede te bemagtig. Inskrywings vir dié kompetisie is reeds oop en sluit op 31 Mei.AfriForum 911 emergency appAfriForum2023-03-09 | The AfriForum 911 emergency app is a user-friendly, family-oriented emergency app that you can download to your smartphone, turning it into an emergency panic button. The app connects you directly to any of the applicable service providers across South Africa. These service providers can quickly access your information via the app so that the applicable care can be given to you and your registered dependants.Forum Nuus: Raak ontslae van rasseklassifikasies by universiteite sê AfriForum Jeug 08-03-2023AfriForum2023-03-08 | ’n Groep beswaarde studente, wat lede van AfriForum Jeug is, het vandag na die Universiteit van Pretoria (UP) opgeruk om hul misnoeë te kenne te gee dat rasseklassifikasie steeds hier gebruik word. Rasseklassifikasie word onder meer gebruik om te bepaal hoeveel studente uit elke rassegroep keuring vir sekere studierigtings kry of hoeveel van hulle in koshuise kan bly. AfriForum Jeug het ’n aansoek ingedien wat alle openbare universiteite verplig om hierdie inligting bekend te maak.Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel gruverhale met Nederlandse joernalis 06-03-2023AfriForum2023-03-06 | Wierd Duk, ’n joernalis by De Telegraaf in Nederland, het sy heel eerste besoek aan Suid-Afrika afgelê as deel van ’n skakeltoer deur Solidariteit en spesifiek ook om te sien hoe Afrikaners die talle uitdagings in die land aanpak. Hy het saam met AfriForum besoek afgelê by plaasaanvalslagoffers in die Brits-omgewing en onderhoude met hulle gevoer oor die “erg sadistiese” gebeure tydens dié aanvalle. Hy het ook saam met AfriForum se Brits-buurtwag patrollie gery. Volgens Duk kom plaasaanvalle glad nie in Nederland voor nie en wanneer daar oor plaasaanvalle in Suid-Afrika berig word, is dit dikwels genuanseerd in ’n poging om “polities korrek” te wees. Dit terwyl hy meen dat die feite ook eerder weergegee kan word dat meer as 300 plaasaanvalle in 2022 plaasgevind het. Duk meen die slagoffers is helde en sê hul aangrypende verhale moet vertel word sodat mense weet die grumisdade is ’n realiteit. Alhoewel hulle nie in Nederland hierdie tipe geweld of onveiligheid ken nie, is dit vir hom ’n teken van ’n mislukte staat – veral omdat die owerhede weinig doen om slagoffers te help. Duk het ná afloop van sy besoek gesê hy gaan hieroor skryf en dat dit tyd is dat die wêreld moet weet hier is ’n minderheidsgroep in Suid-Afrika wat so goed as moontlik probeer om ’n bestaan in die land te maak. Hy het ook tot die besef gekom dat dit moeilik is om Afrikaners in verband te bring met apartheid en dat dit onregverdig is om jongmense verantwoordelik te hou daarvoor terwyl hulle ná apartheid grootgeword het.Oplossings wat ’n realiteit skep - Ernst Roets en Ernst van ZylAfriForum2023-03-06 | Ernst Roets en Ernst van Zyl bespreek AfriForum se jongste dokumentêr, "Selfbestuur: Staatsbestande oplossings vir die toekoms", vryheid, die opneem van verantwoordelikhede en die Solidariteit Beweging se planne vir die toekoms.
Kyk hiér na die dokumentêr: youtube.com/watch?v=s3rbcgu-iqI&t=1sForum Nuus: Ons moet harder werk op pad na vryheid 3-3-2023AfriForum2023-03-03 | AfriForum se hooffokus vanjaar is die uitbou van gemeenskapsfederalisme om Afrikaners meer onafhanklik en staatsbestand te maak. Baie harde werk lê vir ons voor op die pad na vryheid. Daarom gaan AfriForum se meer as 150 takke en 160 buurtwagte baie vinniger baie meer in ons dorpe en woongebiede moet doen om staatsverval te stuit. Ons gaan dit net regkry as elkeen van ons sy deel doen en ons mekaar help. Kom ons pak hierdie stryd met moed en vertroue aan om vir onsself en ons nageslag ’n beter toekoms te verseker.Forum Nuus: Sê nou NEE vir omstrede Bela-wet! 22-02-2023AfriForum2023-02-22 | Die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (ook bekend as die Bela-wet) vir onderwys, en veral Afrikaanse onderwys inhou, duur steeds voort. In 2022 het ’n oorweldigende meerderheid individue en instellings met skriftelike kommentaar standpunt teen die inhoud daarvan ingeneem. Instellings het ook geleentheid gehad om op uitnodiging voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee te doen hieroor. Pas is openbare raadplegingsessies aangekondig waar die publiek mondelinge insette oor Bela kan gaan lewer, met die eerste byeenkoms wat reeds Vrydag 24 Februarie 2023 plaasvind. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die verhore by te woon en standpunt teen die wet in te neem. Indien die wet deurgevoer word, kan die etos en karakter van Afrikaanse skole ingrypend verander en sal ouers bitter min sê oor skole se toelatings- en taalbeleid hê. Uiteindelik kan dit tot oorvol skole lei waar gehalte-onderrig nie meer moontlik sal wees nie. Klik op die skakels vir die datums van die verhore en die skriftelike kommentaar wat AfriForum ingedien het.
https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/02/Comments-on-the-BELA-Bill-by-AfriForum-2022-06-14.pdfAfriForum Sakenetwerk - Tinteltong Toekennings 2023AfriForum2023-02-22 | AfriForum Sakenetwerk sluit Internasionale Moedertaaldag af met die Tinteltong Toekennings. Hierdie geleentheid word jaarliks aangebied om erkenning aan besighede te gee wat ’n produk of diens in Afrikaans lewer.Federalismekonferensie 2023AfriForum2023-02-16 | Federalismekonferensie 2023 Verskeie sprekers ondersoek die idees van staatsbestandheid en selfdoen.Selfbestuur : Staatsbestande oplossings vir die toekoms | DokumentêrAfriForum2023-02-16 | AfriForum se jongste dokumentêr verduidelik die Solidariteit Beweging se toekomsplan wat op gemeenskapsfederalisme gebaseer is. Verskeie sprekers ondersoek die idees van staatsbestandheid en selfdoen, terwyl hulle dit ook aan die hand van praktiese voorbeelde demonstreer. Die dokumentêr bespreek verder die ankergemeenskappe-inisiatief, internasionale voorbeelde van federalisme in aksie, provinsiale outonomie, groeiende outonomie vir die Wes-Kaap, Orania, Pretoria as kulturele kanton en vele meer.
Sprekers:
Flip Buys Prof. Danie Goosen Kallie Kriel Robert Duigan Heindrich Wyngaard Dr. Ernst Roets Helen Zille Martin van Staden Russell Lamberti Joost Strydom Carel Boshoff Dr. Luis Durnwalder Dr. Christoph von Ach Carlo Vettori Marc RögglaForum Nuus: AfriForum privaatvervolgingseenheid verleen hulp aan slagoffers van vroedvrou 15-02-2023AfriForum2023-02-15 | AfriForum se privaatvervolgingseenheid lewer tans hulp aan Carien Möller en haar man, Jaco, en Alysia von Kloëg en haar man, Brendon, in hul onderskeie sake teen Yolande Maritz, ’n voormalige vroedvrou van Pretoria. Möller en Von Kloëg het onderskeidelik klagtes van strafbare manslag en poging tot moord teen Maritz gelê nadat nalatigheid tydens geboorte glo tot die dood van Von Kloëg se seuntjie gelei het. Möller se dogtertjie is serebraal gestremd gelaat. Die privaatvervolgingseenheid het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) genader wat aangedui het dat die sake na ’n gespesialiseerde eenheid vir ondersoeke oorgeplaas is.Dag 5: Malema terug in hof oor roekelose hantering van vuurwapenAfriForum2023-02-06 | Ná volgehoue druk deur AfriForum gaan Julius Malema, leier van die EFF, weer op vandag in die Streekhof in Oos-Londen verskyn. AfriForum het reeds in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat videobeeldmateriaal te voorskyn gekom het waarin dit wil voorkom asof Malema ’n aanvalsgeweer in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder ’n geldige rede, asook vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging. STOP Malema. Voeg jou naam hierby: www.stopmalema.co.za #MalemaInCourt
Malema back in court regarding reckless handling of firearm Following continuous pressure by AfriForum, Julius Malema, leader of the EFF, will again appear in the East London Regional Court on 28 February 2022. AfriForum laid charges in 2018 against Malema after a video emerged of Malema appearing to discharge an assault rifle in public. The National Prosecuting Authority is prosecuting Malema for the discharge of a firearm in a built-up or public area without good reason to do so, as well as the possession of a firearm and ammunition without the necessary licence and authorisation. #MalemaInCourtDag 4: Malema terug in hof oor roekelose hantering van vuurwapenAfriForum2023-02-02 | Ná volgehoue druk deur AfriForum gaan Julius Malema, leier van die EFF, weer op vandag in die Streekhof in Oos-Londen verskyn. AfriForum het reeds in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat videobeeldmateriaal te voorskyn gekom het waarin dit wil voorkom asof Malema ’n aanvalsgeweer in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder ’n geldige rede, asook vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging. STOP Malema. Voeg jou naam hierby: www.stopmalema.co.za #MalemaInCourt
Malema back in court regarding reckless handling of firearm Following continuous pressure by AfriForum, Julius Malema, leader of the EFF, will again appear in the East London Regional Court on 28 February 2022. AfriForum laid charges in 2018 against Malema after a video emerged of Malema appearing to discharge an assault rifle in public. The National Prosecuting Authority is prosecuting Malema for the discharge of a firearm in a built-up or public area without good reason to do so, as well as the possession of a firearm and ammunition without the necessary licence and authorisation. #MalemaInCourtDag 3: Malema terug in hof oor roekelose hantering van vuurwapenAfriForum2023-02-01 | Ná volgehoue druk deur AfriForum gaan Julius Malema, leier van die EFF, weer op vandag in die Streekhof in Oos-Londen verskyn. AfriForum het reeds in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat videobeeldmateriaal te voorskyn gekom het waarin dit wil voorkom asof Malema ’n aanvalsgeweer in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder ’n geldige rede, asook vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging. STOP Malema. Voeg jou naam hierby: www.stopmalema.co.za #MalemaInCourt
Malema back in court regarding reckless handling of firearm Following continuous pressure by AfriForum, Julius Malema, leader of the EFF, will again appear in the East London Regional Court on 28 February 2022. AfriForum laid charges in 2018 against Malema after a video emerged of Malema appearing to discharge an assault rifle in public. The National Prosecuting Authority is prosecuting Malema for the discharge of a firearm in a built-up or public area without good reason to do so, as well as the possession of a firearm and ammunition without the necessary licence and authorisation. #MalemaInCourtSelfbestuur | Lokprent | AfriForum-dokumentêrAfriForum2023-02-01 | AfriForum se jongste dokumentêr word op 16 Februarie 2023 bekendgestel. Dit verduidelik die Solidariteit Beweging se toekomsplan wat op gemeenskapsfederalisme gebaseer is. Die idees van staatsbestandheid en selfdoen word ondersoek én gedemonstreer deur praktiese voorbeelde.
Beskikbaar op AfriForum se YouTube-kanaal en AfriForumTV: 16 Februarie 2023Dag 2: Malema terug in hof oor roekelose hantering van vuurwapenAfriForum2023-01-31 | Ná volgehoue druk deur AfriForum gaan Julius Malema, leier van die EFF, weer op vandag in die Streekhof in Oos-Londen verskyn. AfriForum het reeds in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat videobeeldmateriaal te voorskyn gekom het waarin dit wil voorkom asof Malema ’n aanvalsgeweer in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder ’n geldige rede, asook vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging. STOP Malema. Voeg jou naam hierby: www.stopmalema.co.za #MalemaInCourt
Malema back in court regarding reckless handling of firearm Following continuous pressure by AfriForum, Julius Malema, leader of the EFF, will again appear in the East London Regional Court on 28 February 2022. AfriForum laid charges in 2018 against Malema after a video emerged of Malema appearing to discharge an assault rifle in public. The National Prosecuting Authority is prosecuting Malema for the discharge of a firearm in a built-up or public area without good reason to do so, as well as the possession of a firearm and ammunition without the necessary licence and authorisation. #MalemaInCourtDag 1: Malema terug in hof oor roekelose hantering van vuurwapenAfriForum2023-01-30 | Ná volgehoue druk deur AfriForum gaan Julius Malema, leier van die EFF, weer op vandag in die Streekhof in Oos-Londen verskyn. AfriForum het reeds in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat videobeeldmateriaal te voorskyn gekom het waarin dit wil voorkom asof Malema ’n aanvalsgeweer in die openbaar afvuur. Die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg Malema vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder ’n geldige rede, asook vir die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging. STOP Malema. Voeg jou naam hierby: www.stopmalema.co.za #MalemaInCourt
Malema back in court regarding reckless handling of firearm Following continuous pressure by AfriForum, Julius Malema, leader of the EFF, will again appear in the East London Regional Court on 28 February 2022. AfriForum laid charges in 2018 against Malema after a video emerged of Malema appearing to discharge an assault rifle in public. The National Prosecuting Authority is prosecuting Malema for the discharge of a firearm in a built-up or public area without good reason to do so, as well as the possession of a firearm and ammunition without the necessary licence and authorisation. #MalemaInCourtForum Nuus: Jong leiers gerat om ’n verskil te maak ná AfriForum Jeug-kongres 30-01-2023AfriForum2023-01-30 | AfriForum Jeug het die afgelope naweek hul jaarlikse kongres in Pretoria aangebied. Jongmense van regoor die land het hierdie kongres bygewoon en is gerat om dit wat hulle by die kongres geleer het by hul takke en in hul persoonlike lewens te gaan toepas. “Hierdie is ’n groep jongmense wat hulle toekoms in hul eie hande neem en wat ’n verskil wil maak in hul gemeenskappe,” sê Ronald Peters, jeugbestuurder by AfriForum.Forum Nuus: AfriForum-span lewer teenboeliepraatjie by die Laerskool Eloff 26-01-2023AfriForum2023-01-26 | AfriForum se teenboeliespan het by die Laerskool Eloff besoek afgelê om leerders en onderwysers van die gevare van boeliegedrag bewus te maak. Leerders is ook geleer hoe om boeliegedrag te identifiseer en hoe om op te tree as hulle of ’n maatjie geboelie word. “Daar is boelies by alle skole en dis hoekom hierdie inligting so waardevol vir ons is,” sê Louise van Niekerk, skoolhoof by die Laerskool Eloff.Forum Nuus: AfriForum se Centurion-tak glo in federalisme om woonbuurte van verval te red 23-01-2022AfriForum2023-01-23 | Die AfriForum-tak in Centurion het die behoefte om onder meer parke skoon te maak, padtekens te verf en slaggate te herstel raakgesien en ’n buurtspan op die been gebring om aan hierdie knelpunte aandag te gee. Daar is tans ses werknemers in hierdie span wat daagliks gras sny, skoonmaak en ander take verrig. Volgens André de Bruyn, AfriForum-takvoorsitter in Centurion, het munisipale dienste só agteruitgegaan dat dié tak hard werk om nog meer buurtspanne aktief te kry.Joint agricultural development project harvests second grain cropAfriForum2023-01-20 | ...Forum Nuus: Gemeenskap spog met tweede graanoes ná AfriForum en partye help 16-01-2023AfriForum2023-01-16 | Die gesamentlike landbou-ontwikkelingsprojek van AfriForum, Saai en die Boiphitlhelelo Koöperatief by Noga’s Post in die Barolong Boo Seleka Koninkryk by Thaba ’Nchu het verlede week die projek se tweede graanoes gelewer. Weens die hoë somerreënval in die 2021-plantseisoen kon mielies nie weer aangeplant word nie en is daar besluit om koring te plant. 8,5 ton koring is geoes en aan die OVK op Tweespruit gelewer. Die projek dien as ’n nederige voorbeeld van wat bereik kan word deur samewerking en is ook ’n bewys van ons toewyding om ’n volhoubare, selfstandige en welvarende nasie te word, sê Kgosi Gabo Moroka, kgosi van die Barolong Boo Seleka.Forum Nuus: Kallie Kriel se Nuwejaarsboodskap vir 2023 12-01-2023AfriForum2023-01-12 | Aan die begin van 2023 is AfriForum slaggereed om die talle uitdagings in die land te pak en te doen wat ons kan doen om ’n beter toekoms te skep. Hoewel die verkrummeling en verval onder die sentralistiese ANC-regering ontstellend is, put ons hoop daaruit dat daar alternatiewe is en dat ons deur middel van gemeenskapsfederalisme ons toekoms in ons eie hande kan neem.Forum Nuus: Federalisme in aksie by AfriForum se Groter-Moot-tak 10-01-2023AfriForum2023-01-10 | Die AfriForum Groter-Moot-tak is sommer vroeg in die jaar volstoom aan die gang om hul omgewing skoon te maak en op te hef. Die tuinspan het vandeesweek verskeie grassnyers en bossiekappers gebruik om ’n groot gedeelte van die spruit skoon te maak. Dié tak en tuinspan neem eienaarskap van wat hulle doen en glo elke aksie motiveer hul gemeenskap tot veel groter dinge. “Ons veg nie net teen staatsverval nie, maar verhoog ook die waarde van ons eiendom en woongebied,” sê Jacques du Randt.Forum Nuus: Gesamentlike inheemseveldbokprojek by AmaBhele kaJamangile-koninkryk skop af 15-12-2022AfriForum2022-12-15 | As ons vir ons en ons nageslag ’n toekoms wil hê, is dit baie belangrik dat ons op ’n basis van wedersydse erkenning en respek leef met die mense met wie ons die land deel, sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Daarom het AfriForum en Saai hierdie week afgeskop met ’n gesamentlike inheemseveldbok-landbouontwikkelingsprojek in die AmaBhele kaJamangile-koninkryk naby Maclear in die Oos-Kaap. Die projek word saam met iNkosi Zwelothando Mabandla aangepak en 21 Nguni-inheemseveldbokke is op iNkosi Zwelothando se plaas Mncetyane gevestig. Gerhard Lourens, visepresident van die inheemse veldboktelersgenootskap van Suid-Afrika, het ook praktiese opleiding aangebied vir die mense op die plaas oor die basiese toediening van medisyne en die versorging van die bokke. Die betrokke partye beoog om die projek in ses jaar uit te bou tot ’n winsgewende en volhoubare inheemseveldbokboerdery.Forum Nuus: AfriForum se Benoni-tak bring vreugde aan kinders en bejaardes 12-12-2022AfriForum2022-12-12 | AfriForum se Benoni-tak het die naweek hul vierde jaarlikse Kersrit aangebied. Kersvader het geskenke, kos en koeldrank by vier kinderhuise en ’n tehuis vir gestremdes uitgedeel. Meer as 100 kinders en bejaardes het baat gevind by dié gesamentlike projek van die tak, ER24 en C7, NoJack Vehicle Tracking / Wolf Protection Solutions, Mamba, Badboyz Security, Dot Towing, Roman's Pizza Northmead, Benoni Community Chaplaincy Services, MD Services en ander weldoeners.AfriForums Ernst Roets speech at the United Nations on anti-minority discrimination in SAAfriForum2022-12-02 | If racism is measured by the amount of race laws that a government implements, the South African government – with more than 125 racial laws – surely constitutes the most racist government in the world.
On 2 December 2022 Ernst Roets delivered a speech on behalf of AfriForum at the United Nations Forum on Minority Issues about discrimination against minorities in South Africa. In the speech, he particularly mentioned the ANC's race laws and Julius Malema's hate speech. Roets also commented on the UN's poor track record when it comes to the prevention of atrocities and said that this is largely because the UN values diplomacy with oppressive governments above the promotion of freedom on ground level. The only way for the UN to make a sustainable contribution would be to decentralise its approach.
Please let us know what you think in the comments below.Entrepreneursfokus – Poppie en OpgedollieAfriForum2022-11-30 | Lené Heck, eienaar van Poppie en Opgedollie, het ’n passie vir mode en haar hart klop vinniger vir elke mooi rok wat sy sien. Lené het begin met tien rokkie, maar sit nou met ’n hele kamer vol om van te kies. Dit is altyd lekker om te sien hoe entrepreneurs groei en ’n sukses maak van die visie wat hulle het.
Kuier saam met ons in Poppie se kas en kreatiwiteit